Hierdie resep is gedurende die Eerste Wêreldoorlog ontwikkel deur die Britse “Department for Culture Media & Sport”.
Alhoewel voedsel in Brittanje eers vanaf 1917 gerantsoeneer is, was gewone bestanddele vir vrugtekoek
moeilik bekombaar. Eiers was gladnie beskikbaar nie, en is vervang deur koeksoda opgelos in asyn en melk.
Dis so ‘n lekker koek dat ek dit al ‘n paar keer gebak het.
EN nog lekkerder as jy so ‘n titsel whisky bo-oor gooi
wanneer dit uit die oond kom, en geroosterde amandelvlokkies bo oor die koek strooi.
Ek is seker daar was dalk nog ‘n bietjie whisky of brandewyn beskikbaar en dalk iewers ‘n verdwaalde neutjie of twee 😉.
225g meelblom
110g margariene of botter
75g bruinsuiker
75g rosyne of korente
2 tl kakao
½ tl koeksoda
1 tl asyn
150ml melk
½ tl neutmuskaat
1 tl gemmer
Gerasperde skil van een suurlemoen
Smeer ‘n 450g koekpan.
- Vryf die botter in die meelblom soos vir botterbroodjies.
- Voeg die droë bestanddele by
en meng goed.
- Voeg laastens die koeksoda, opgelos in die asyn en melk by. Meng deeglik deur.
- Skep die mengsel in die koekpan en bak by 180°C vir so 25 tot 30 minute. Toets na 25 minute of gaar.