STRANDHUISVREUGDES
In luie lomerigheid uitgestrek,
maag vol, boek in die hand,
onder sagte seegeruis.
Die hele familie tuis.
Rustig indommel.
Die boek wat uitglip;
gou weer opgeraap
vir vergeefse leesgenot.
Maar weer oë toemaak,
stil-stil wegraak … … .
Skielik ‘n gepomp en gedruis
uit die kombuis.
Dis die primus se vuur
wat
spuit,
presies om vieruur.
Koffietyd!
Stephan Lategan, Kaapstad, 23 Mei 2013
©
Ons deel van Glentana toe ons kinders was. Deesdae noem hulle hierdie deel Outeniekwastrand en Glentana Hills