Obama, David Cameron en die Deense premier probeer 'n "selfie"
Vraag: Hoe kry mens die tyd om in jou hotelkamer op ‘n alleen trip vir die werk na Polokwane, oftewel Pietersburg as jy niks het om te lees nie? Daarby is jy inbespreek by die Casino se hotel en jy vind niks meer aartssieldodend as
om te dobbel nie?
Antwoord: Uit pure verveling besluit jy dan om maar iets te skryf oor “selfies en “onesies”. Dis darem nie verniet die nuutste woorde wat in die Oxford Dictionary opgeneem is nie, en daarby
was “selfie” mos immers ook die internasionale woord van die jaar.
VIr die oningeligtes onder ons, ‘n “selfie” is ‘n foto van jouself wat jy self met jou selfoon neem. Dit is die nuutste
gier die wêreld oor – iets soos die foto wat die Deense premier van haarself, David Cameron en Obama geneem het.