Ons pragtige kore

Waardige Suid-Afrikaanse wenners

Philip McLachlan

Koorsang.  Dit is nou die een gebied waar ons nie net met die buiteland kan saampraat nie, maar ‘n leidende rol speel en gereeld van die belangrikste internasionale kompetisies wen.  Die Stellenbosse Universiteitskoor is in 2012 aangewys as die beste koor in die wêreld op die Koor Olimpiade gehou in Cincinnati in die VSA, waar meer as 1 000 kore deelgeneem het.  Trouens, ek dink op die oomblik is daar drie Suid-Afrikaanse kore onder die beste tien in die wêreld. 

En tog word daar nie veel van ‘n ophef oor hierdie uitstekende ambassadeurs vir Suid-Afrika gemaak nie.  Ja, daar is wel gewoonlik ‘n kort insetsel op televisienuus wanneer ‘n wen-koor na Suid-Afrika terugkeer, en dalk ‘n ietsie op programme soos “Kwela”, maar dit is ook maar min of meer waar dit eindig!

As ‘n mens darem dink hoeveel geld in onderpresterende olimpiese-en sokkerspanne gestop word, wat bitter min in ruil daarvoor bied, wil ‘n mens jou kop in skaamte laat sak dat hierdie presterende kore moet sukkel om borge te kry en dan nog steeds ‘n groot klomp van die onkoste self moet dra!    

Ek was gelukkig genoeg om vir twee jaar op universiteit onder Professor Philip McLachlan, die oud-leier van die Stellenbosse Universiteitskoor, skoolmusiek te kon studeer.  Mens kan nie anders as om aan mense soos hy, Professor Petru Grabe, Andre van der Merwe, Hannelise du Plessis, en dies meer, hulde te bring nie.  Sulke ondankbare werk wat soveel vir ons gewone mense beteken.    

Het al baie keer gewonder of die Universiteit van Stellenbosch ooit iets soos ‘n eredoktorsgraad aan MacLachlan toegeken het?  Hy was mos darem die vader van “a capella” koorsang in die land.  Weet darem van ‘n hele paar minder-verdienstelike ontvangers van die graad.

Vir al die koorleiers en koorsangers wat week na week en jaar na jaar met absolute getrouheid soveel van hulle tyd aan koorsang afstaan – die ure se geoefen per week, optredes in die aand en oor naweke en vakansies, ons bring hulde aan julle en mag julle vanjaar weer baie sukses behaal!

Hier onder, ter ere van julle, van die mooiste koormusiek beskikbaar op Youtube.

Groete,

Madelie

En daar gebeur dit toe sowaar weer - kyk bietjie na van die uitslae hier onder!

Suid-Afrikanse wenners by Riga tot dusver:

 

*    Mixed Youth Choirs: Camerata, UP

 

*    Spiritual: US Universiteitskoor

 

*    Scenic Pop/Show Choir: Kearsney College

 

*    Musica Sacra: US Universiteitskoor 

 

*    Mixed Choirs (99%): US Universiteitskoor

 

 

Mendelssohn: "Hear my prayer", gesing deur die koor van New College, Oxford.
"Die aandgesang", gesing deur die Tukkiekoor olv Petru Grabe.
"Somerskersfees", van Koos du Plessis.
Beeld is die Weense Seunskoor, nie seker of dit wel hulle is wat sing nie.
Schubert: "Psalm 23", gesing deur die Monteverdi Choir.
Rheinberger: "Abendlied", gesing deur die Cambridge Singers.
Allegri: "Miserere", gesing deur die koor van Claire College, Cambridge.
Gruber: "Stille Nacht", gesing deur die Weense Seunskoor.
"U lig en U waarheid", gesing deur die Stellenbosse Universiteitskoor olv Andre van der Merwe.
"Magaliesburgse aandlied", gesing deur die NWU/Pukkekoor.
Rutter: "The Lord bless you and keep you", gesing deur die Cambridge Singers.
Handel: "Hallelujakoor" uit die "Messias", gesing deur King's College, Cambridge.
Wenners!

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
07.04 | 09:09

Kan iemand dalk sê die datums klop nie... Die datums wat op foto's is en die ouderdom wat sy behoort te wees, werk nie lekker saam nie. Kan iemand dalk help?

...
You liked this page