Maar die goed word net al hoe makker. Hulle gee nie eers meer pad as mens by hulle verby loop nie, en onlangs toe ek ‘n heuwel afry, sien ek al die motors voor my maak ewe skielik op dieselfde plek ‘n “swing”.
Toe ek naby kom, wat sal ek sien – ‘n hadida in die middel van die pad op die wit streep, sit en verwonder hom aan al die beweging om hom, en wend nie eers ‘n poging aan om pad te gee nie.
Ons het ‘n baie groot
erf met groot bome en grasperk agter die huis, en ek het al tot 14 hadidas gelyk getel wat daar wei en met mekaar gesels. Onder hulle is daar egter een wat op ‘n ongewone interval skree - as mens ‘n effense fyn gehoor het, val dit jou dadelik
op. Die flippen vliegende vuvuzela. En kan die meneer darem nou irriterend wees!