Mimi Coertse het hierdie Ensemble van wonderlike nuwe opera talent in 2012 gestig, en hierdeur 'n platform geskep om van ons beste jong sangers blootstelling te gee deur middel van stemmingsprogramme vir geleenthede soos Kersfees, Valentynsdag
en so aan.
Verlede week is die Valentynsdag konsert by Ritrovo, 'n bekende Pretoriase restaurant gehou.
"n Kombinasie van goeie musiek, goeie kos en wyn bly maar 'n wenner en dit was 'n voorreg om dit te kon bywoon! Ondersteun
hulle asseblief as hulle naby julle optree.
Ek het van die mooiste (en mees romantiese 💋) musiek op die program vir julle op Youtube nagespoor.
Geniet.
Madelie