‘n Broodjie se top moet seker ‘n doel dien as Seinfeld ‘n hele episode aan ‘n muffin top gewy het, of hoe? Maar wat hierdie doel sou wees gaan my verstand te bowe.
Wat doen ‘n mens tog met
‘n hamburger top? So ‘n asvaal, droë, verdrietige stuk brood.
Eet jy dit apart met die hand, of eet jy dit met jou mes en vurk? Of omvou jy die hele kaboedel gelyktydig in jou hand en hap dit dat die sous
so langs jou mondhoeke afloop - so ‘n regte bekrekker? Bestaan daar hamburger etiket iewers? Hoe maak mens?
Nee wat, gee eerder vir my ‘n cabriolet!