New Page

Oor Madelie

Madelie is nie my regte noemnaam nie, maar darem amper. 

Gebore Vrystater, maar matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Bloemhof op Stellenbosch.  Studeer musiek op Stellenbosch, maar ook in ander rigtings na-graads by Tukkies en aan UNISA.

As ek my lewe in een woord moet saamvat, sal dit wees “Ompaaie”, want begin werk as musiekonderwyseres by Rhenish op Stellenbosch.  Later as bibliotekaresse op Pelindaba en STATSSA, nog later in die publikasiewese en het ook al ‘n statistiese databasis oor mynongelukke bestuur.  

Groot liefdes in die lewe is katte, kore en kos.  (Laasgenoemde seker meer die eet-aksie as die kook-aksie 😉).   Om die alliterasie nou tot die uiterste te voer, is ook lief om rond te kerjakker, oftewel te reis.

Hierdie inligting net omdat die boek oor blogging wat ek tans lees sê ‘n blogger behoort ‘n bietjie oor hom/haarself met die “bloggees” (?) te deel.  Mmm 🤭.

Madelie  

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...

Johan van Jaarsveldt | Reply 05.03.2017 19.48

Hallo Martie, Louw was my Pa se jongste broer. Hulle was 3 broers en almal reeds oorlede. Groete, Johan.

Madé Hugo | Reply 14.11.2016 21.08

Hi Johan, was jou tannie dalk Henna Louw? Sy was saam met my in die klas.

Johan van Jaarsveldt | Reply 13.11.2016 22.29

Hallo Madelie, my Oupa en Ouma Louw en Anna van Jaarsveldt het in Sarel Cillierstr langs ou Pastorie gewoon. Kan nog meer vertel. Groete, Johan v Jaarsveldt.

Martie Lategan 04.03.2017 17.59

OEPS 1958!!!

Martie Lategan (Coetzee) 04.03.2017 17.58

Johan is jy 'n familielid van Louw van Jaarsveld, was saam met my vanaf Sub A tot Matriek (1058) op Jacobsdal - reeds oorlede. Weet nie van broers of susters

Martie Lategan | Reply 04.03.2016 18.04

Ek 'like' jou manier om kennis te maak, liefste sustertjie! Jy is knap met die pen of is dit deesdae sleutelbord? Nes met die klavier s'n!!

See all comments

| Reply

Latest comments

30.08 | 12:44

It seems really a nice sharing due to its informative stuff which I will share with my dad after my https://www.goldenbustours.com/seattle-tour-packages/

...
06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
You liked this page