¾ k meelblom
¼ k amandelmeel/gemaalde amandels
84g botter
¾ k strooisuiker
knippie sout
½ tl vanielje ekstrak
1 el rooswater
1 groot eier by kamertemperatuur
versiersuiker
om oor te sif
- Sif die meel en amandelmeel en hou apart
- Klop die botter tot lig en romerig
- Voeg die strooisuiker, sout, vanielje en rooswater by en klop deeglik
- Voeg die eier by en klop liggies
- Voeg nou die meelmengsel
by en roer tot net in gemeng
- Verkoel in die yskas vir 30 minute (klam deeg)
- Vorm bolletjies en plaas dit op ‘n bakpan wat met bakpapier uitgevoer is
- Druk effens plat met jou handpalm
- Bak vir 12-15 minute, tot die koekies
begin bruin word om die rand
- Verwyder uit die oond en sif versiersuiker oor
- Lig versigtig op ‘n afkoelrakkie