Die Mozartkugeln of Mozartballetjies, aanvanklik genoem “Mozartbonbon”, is deur die Salzburgse chef, Paul Fürst, in 1890 ontwerp ter ere van Wolfgang
Amadeus Mozart.
Hierdie soete verleiding word vandag, na al die jare, nog steeds gemaak - met die hand, volgens die oorspronklike resep.
As mens na musiek van Mozart, soos die opname van 'n klavierkonsert hier bo luister, verbaas dit
jou gladnie dat iemand gëinspireer kon word om so 'n wonderlike soethappie te ontwerp nie.
Maar Mozart is nie die enigste nie. Ander musici het ook chefs tot nuwe hoogtes gëinspireer, en selfs wêrelberoemde chefs soos die Fransman
Escoffier het hulle heldeverering vir komponiste an ander musici betoon deur disse te ontwerp en na hulle te vernoem.