"Our moment of fame" - ryk mense in Aida
'n Klompie jare gelede het 'n Italiaanse operageselskap die opera "Aida" van Verdi op Loftus opgevoer. Die volk was in rep en roer - mense het van oral af ingevlieg om die opera te sien.
Toe ek en Susan die advertensie vir ekstras
om deel te neem sien, het ons onmiddellik aangebied om dit te doen. Nog nooit spyt gewees nie - baie interessant om te sien hoe so 'n opera van die begin af aangepak word.
Die eerste aand was daar net met kalk so 'n paar merkies op Loftus se gras
getrek waar die verhoog gebou sou word. Geleidelik het dit begin vorm aan neem, nadat die rolverdeling gedoen is. Ons ekstras moes 'n paar aande per week oefen. Professionele sangers het natuurlik die rolle vertolk van Aida, Radames
en so aan.
Die verhoog wat gebou is was besonder hoog. Ons, ook die sangers, koor en so aan, moes met so 'n benoude hout trappie opklim.
As ek reg onthou, moes ons vir 'n hele paar weke oefen, want die regisseur het ongelooflik aandag aan
detail gegee, soos julle kan sien aan die kostuums.
Of ons betaal is? Nee man, mens doen dit vir die plesier en die ervaring wat ons gewone mense nie maklik beskore is nie - het darem elkeen twee komplimentêre kaartjies vir die vertoning
vir ons moeite gekry.
Hier onder, 'n paar foto's.