Ontmoet vir Grumpy.
Grumpy, oftewel Tabatha Bundesen, het alreeds vir sy eienaars miljoene Rande gemaak.
Die kat met die snaakse gevreetjie was oombliklik 'n sensasie toe 'n videotjie van hom op Youtube gelaai is (sien onder).
Die kwaai en onvergenoegde gesigsuitdrukking
is eintlik as gevolg van 'n baie skaars soort dwergisme wat in die katfamilie voorkom waaraan Grumpy ly. Voeg daarby 'n ernstige onderbyt ("underbite"), en jy kry 'n kat met 'n permanente beduiwelde gesiggie. Maar blykbaar is Grumpy eintlik 'n
baie liefdevolle kat - wys jou mens moet nooit op gesigswaarde oordeel nie he he.
In elk geval, daar is deesdae Grumpy boeke, bekers, yskasmagnete, sagte speelgoed, T-hemde ens. en Grumpy teken selfs nou en dan boeke en ontmoet van sy aanhangers.
EN sy eienaars lag al die pad bank toe.